Ons bied deur die loop van die jaar ‘n verskeidenheid instappies en aktiwiteite aan. Ons wil graag die kinders blootstel aan ‘n wye verskeidenheid lewenservarings wat stimulerend en opbouend is. Ons sal u vroegtydig hiervan in kennis sal stel sodat u kan saamgaan indien u wil. Die boeties, sussies en grootouers is ook welkom om saam te kom op die uitstappies.
Ons program by KleuterAkademie is gebalanseerd en meer as voldoende vir u peuter en kleuter. Indien u kleinding egter wil deelneem aan nog aktiwiteite, word daar ‘n hele klomp buitemuurse aktiwiteite aangebied by KleuterAkademie. Ons het heelwat ondersoek ingestel en kan met vrymoedigheid hierdie aktwiteite voorstel.
Wees egter bewus dat al hierdie aktiwiteite slegs by die skole aangebied word en KleuterAkademie geen verantwoordelikheid neem vir die instansies en hul programme nie. Die aktiwiteite word deur onafhanklike instansies aangebied met hul eie bepalings, voorwaardes en administrasie. Al hierdie aktiwiteite is vir u eie rekening en KleuterAkademie ontvang geen finansiele voordeel nie.
Kliek hier vir kontakbesonderhede vir ons buitemuurse aktiwiteite