Graad R
Welkom by Graad R
Welkom by Graad R KleuterAkademie! Ons bied 3 Graad R klassies aan in ‘n splinternuwe skool in die hartjie van Eversdal. Hier leer ons deur te ervaar en help ons almal mekaar.
Ons strewe om u kleinding met selfvertroue skoolgereed te kry deur hulle met respek en liefde te hanteer. Ons sien uit om u by ons skool te verwelkom.
ONS MISSIE
Ons missie is om ‘n onderrigfasiliteit te wees wat die ontwikkeling en opvoeding van die kinders wat in ons sorg geplaas is, op ‘n bekwame en unieke manier te behartig en om die belange en welsyn van die kinders eerste te plaas met elke besluit wat geneem word. Ons kinders is ons toekoms en ons moet hulle voorberei en toerus om dit met selfvertroue tegemoet te gaan. Ons besef dat die mense wat ons kinders van dag tot dag versorg, ‘n lewenslange impak op hulle lewens het en daarom word die personeel wat ons aanstel, sorgvuldig gekies en opgelei.
Ons wens is dat ons kinders, ouers en personeel die volgende ervarings by die akademie sal hê:
Vir ons kinders
- Om versorg te wees en met respek en liefde hanteer te word.
- Om voordeel te trek uit ‘n leeromgewing wat die suksesvolle bereiking van die ontwikkelingsmylpale bevorder, insluitende kognitiewe, fisieke, sosiale, sensoriese en emosionele groei.
- Om uiteindelik voorbereid te wees vir die toekomstige uitdagings van primêre skool.
- Om ‘n gesonde selfbeeld te ontwikkel, selfvertroue te bou en selfstandig te wees.
Vir ons ouers
- Om gemaklik te voel om met die onderwyseresse en personeel te kommunikeer en dit te geniet om ‘n aktiewe rol in hul kind se sorg en ontwikkeling te speel.
- Om verseker te wees dat hulle deurentyd hul kind in die beste moontlike sorg plaas.
- Om te glo in ons onderrigspan se verantwoordelikheid en toewyding teenoor hul kind en sy/haar ontwikkeling.
Vir onsself
- Om die bevrediging te ervaar wat kom van die erkenning van ons gemeenskap en kollegas dat, wat ons vermag, spesiaal is en iets is om op trots te wees.
- Om ons werk te kan doen in ‘n omgewing wat eerlik, opreg, samewerkend, uitdagend en stimulerend is.
- Om die unieke interne bevrediging te ervaar wat spruit uit die positiewe bydrae wat ons maak in die ontwikkeling van ons leerders.
- Om gesien te word as ‘n groep mense wat ‘n passie het vir wat hulle doen en graag ‘n verskil wil maak in die lewe van die kinders wat ons onderrig.
KLASSE
Hasieklas
20 kinders per klas met ‘n gekwalifiseerde onderwyseres en ‘n klasassistent
Olifantjieklas
20 kinders per klas met ‘n gekwalifiseerde onderwyseres en ‘n klasassistent
Wasbeertjieklas
20 kinders per klas met ‘n gekwalifiseerde onderwyseres en ‘n klasassistent
Algemene inligting
KWARTAAL | OPEN | SLUIT |
Eerste | 15 Februarie | 23 April |
Tweede | 3 Mei | 9 Julie |
Derde | 26 Julie | 1 Oktober |
Vierde | 11 Oktober | 15 Desember |
PUBLIEKE VAKANSIE DAE:
1 January: New Year’s Day
21 March: Human Rights Day
22 March: Public Holiday
2 April: Good Friday
5 April: Family Day
26 April: School Holiday
27 April: Freedom Day
1 May: Workers’ Day
16 June: Youth Day
9 August: National Women’s Day
23 September: School holiday
24 September: Heritage Day
16 December: Day of Reconciliation
25 December: Christmas Day
26 December: Day of Goodwill
* The dates on which Good Friday and Easter Sunday fall are determined according to the ecclesiastical moon. That varies each year but they fall at some point between late March and late April.
**The Public Holidays Act (Act No 36 of 1994 [PDF]) determines whenever any public holiday falls on a Sunday, the Monday following on it shall be a public holiday.
Skoolure:
Die amptelike skoolure vir klasonderrig is 8:00-13:00. Graad R KleuterAkademie maak soggens 7:00 oop vir voorsorg en sluit 13:00 vir halfdagmaatjies en 18:00 vir voldagmaatjies wat met nasorg ingeskryf is. Voldagmaatjies kan egter enige tyd voor 18:00 opgelaai word.
Vakansiesorg:
Graad R KleuterAkademie bied vakansiesorg aan wanneer die skoolkwartaal eindig. Daar sal nie ‘n formele skoolprogram gevolg word nie, maar wel ‘n meer informele vakansieprogram met hope pret en aktiwiteite.
Skool gesluit:
Graad R KleuterAkademie sluit sy deure vir 3 weke oor die Desembervakansie asook oor langnaweke sou die publieke vakansiedag op ‘n Donderdag val, maak ons die Vrydag ook toe en sou die publieke vakansiedag op ‘n Maandag/Dinsdag val maak ons die dag daarna oop.
Ons is tans besig om te registreer by die WKOD en volg die kurrikulum soos vereis deur die departement van onderwys. Ons fokus op gesyferdheid, geletterdheid en lewensvaardighede. Wanneer u kind klaar is met sy Graad R jaar by die kleuterakademie sal hy ten volle toegerus wees met kennis en vaardighede om Graad 1 met selfvertroue aan te pak.
Playball
Ballet
Monkeynastix
Rugga Roots
Wicked Cricket
Doen en Leer
Kinderkinetika
Administrasie
Algemene Bestuurder: Janine Lochner
Operasionele Bestuurder: Heidi van Niekerk
Skoolhoof: Monique Carstens
Onderwyseres: Monique Carstens, Elri Combrink, Colinda Bezuidenhout
Nasorg: Monique le Roux
Klas assistent: Monique Botha
Tuinversorger: Lameck
Inskrywingsfooi | R 750 |
Registrasiefooi | R 750 |
Halfdag (07:00 – 13:00) | R2 400 x 12 |
Voldag (07:00 – 18:00) | R3 600 x 12 |
Ons sal vroeg in die eerste kwartaal die datum vir die oueraand aan almal deurstuur. Ouers sal dan die geleentheid kry om die onderwyseresse beter te leer ken en om tyd in die klaskamers te spandeer.
Benodighede
Alle skryfbehoeftes en klasbenodighede word gekoop en verskaf uit die registrasiefooi. Ouers hoef dus nie hul eie benodighede skool toe te stuur nie.
Ouers stuur aan die begin van elke kwartaal R20 skool toe vir die kwartaal. Die onderwyseres teken dit aan op haar koekverkopinglys per klas. Elke tweede Vrydag bak-en-brou die leerders heerlike items volgens die week se tema. Elke ander tweede Vrydag sal ‘n maatjie in die klas geleentheid kry om iets lekkers te verkoop. Elke maatjie kry dan ‘n R2 om ‘n heerlike bederfie te koop om sodoende te leer oor ruiltransaksies.
Bring asb. aan die begin van die jaar ‘n ou t-hemp van mamma of pappa saam wat sommer by die skool kan bly. Ons gaan dit gebruik vir ons lekker morsige verfaktiwiteite.
Ons waardes
Ons is trots op ons skool, ons omgewing, ons besittings en onsself. |
Ons lewer altyd ons beste werk. |
Ons gee om vir ons en ander se besittings. |
Ons tel rommel op. |
Ons herwin papier wat in die klaskamer gebruik kan word. |
Ons hou die toilette netjies. |
Ons is betyds vir skool. |
Ons groet altyd. |
Ons volg instruksies. |
Ons luister wanneer ander praat. |
Ons werk stil en neem ander in ag. |
Ons is stil wanneer dit van ons verwag word. |
Ons speel binne op reëndae. |
Ons sê nee vir vreemdelinge. |
Ons bedek ons oop wonde met pleisters. |
Ons gebruik die apparaat korrek en onder toesig van ‘n opvoeder. |
Ons werk en speel versigtig met ons maats. |
Ons hardloop nie in die skool nie. |
Ons speel net buite met balle. |
Ons het respek vir mekaar en vir ons onderwyseresse |