Meer oor ons
Welkom by KleuterAkademie
KleuterAkademie is ‘n Christelike Afrikaanse Kleuterskool vir 2 tot 5 jariges. Ons kombineer verskeie opvoedingsbeginsels om u kind toe te rus met die basiese lewensvaardighede en hom/haar skoolgereed te kry.
Ons streef daarna om ‘n veilige, positiewe en gelukkige atmosfeer te skep waar elke kind tot sy volle potensiaal kan ontwikkel en sodoende ‘n sterk selfbeeld kan bou. Die omgewing is goed gestruktureerd en stimulerend sodat u kind kan ontdek, leer en speel.
U kind word onderrig deur gekwalifiseerde onderwyseresse. Ons het ‘n maksimum van 12 leerlinge per onderwyseres om te verseker dat u kind kwaliteit en individuele aandag kry.
Ons missie is om ‘n onderrigfasiliteit te wees wat die ontwikkeling en opvoeding van die kinders wat in ons sorg geplaas is, op ‘n bekwame en unieke manier te behartig en om die belange en welsyn van die kinders eerste te plaas met elke besluit wat geneem word. Ons kinders is ons toekoms en ons moet hulle voorberei en toerus om dit met selfvertroue tegemoet te gaan. Ons besef dat die mense wat ons kinders van dag tot dag versorg, ‘n lewenslange impak op hulle lewens het en daarom word die personeel wat ons aanstel, sorgvuldig gekies en opgelei.
Ons skole bied
Skool gereed
Positiewe atmosfeer
Aktiewe deelname
Half of voldag
Kreatiewe leerplan
Buitemuurse aktiwiteite
Lewensvaardighede
Fantastiese speelarea
Wat is ons wens vir die kinders, ouers en personeel by die KleuterAkademie?
In ons missie sê ons dat ons die belange en welsyn van ons kinders eerste plaas in al ons besluite. Ons kinders is ons toekoms en ons moet hulle voorberei om hierdie toekoms met selfvertroue tegemoet te gaan. Ons besef ook dat die mense wat ons kinders versorg ‘n lewenslange impak op hulle sal hê. Daarom word die personeel wat ons aanstel sorgvuldig gekies en opgelei.
Ons wens is dat ons kinders, ouers en personeel die volgende ervarings by die akademie sal hê:
Vir ons kinders
- Om versorg te wees en met respek en liefde hanteer te word
- Om voordeel te trek uit ‘n leeromgewing wat die suksesvolle bereiking van ontwikkelingsmylpale – soos kognitiewe, fisieke, sosiale, sensoriese en emosionele groei – bevorder
- Om uiteindelik voorbereid te wees vir die toekomstige uitdagings van pre-primêre skool
- Om ‘n gesonde selfbeeld te ontwikkel, selfvertroue op te bou en selfstandig te wees
Vir ons ouers
- Om gemaklik te voel om met die onderwyseresse en personeel te kommunikeer en dit te geniet om ‘n aktiewe rol in hul kind se sorg en ontwikkeling te speel
- Om verseker te wees dat hulle deurentyd hul kind in die beste moontlike sorg plaas
- Om te glo in ons onderrigspan se verantwoordelikheid en toewyding teenoor hul kind en sy/haar ontwikkeling
Vir onsself
- Om die bevrediging te ervaar dat dit wat ons vermag spesiaal is en iets is om op trots te wees, en dat dit deur ons gemeenskap en kollegas erken word
- Om ons werk te kan doen in ‘n omgewing wat eerlik, opreg, samewerkend, uitdagend en stimulerend is
- Om die unieke interne bevrediging te ervaar wat spruit uit die positiewe bydrae wat ons maak in die ontwikkeling van ons leerders
- Om gesien te word as ‘n groep mense wat ‘n passie het vir wat hulle doen en graag ‘n verskil wil maak in die lewe van die kinders wat ons onderrig